Troef klimaatstoestande met PlusNet skadunet

Deur Bianca Henning

Uitdagende klimaatstoestande besorg baie boere hoofbrekens. Gelukkig is daar skadu- en haelnette wat kan help om boere se belange te beskerm. Al hoe meer boere gebruik nette om die voordeel van gehalte vrugte se hoër pryse te geniet en om die risiko van skade aan die vrugte te verminder.

Om beheer oor jou gewasse se voedingstowwe te hê help al klaar baie, maar om jou warmte en sonlig ook te kan reguleer is beslis iets om ernstig te oorweeg, veral met die dreigende en onsekere toekoms van klimaatsverandering wat vir ons voorlê.

Baie navorsing is gedoen oor die verskillende soorte en kleure skadunet, aangesien dit ‘n regstreekse invloed het op die gewas daaronder. Vandag is PlusNet een van die vernaamste vervaardigers van ʼn wye reeks skadunette vir landbouproduksie. Die produksie van hoë gehalte vrugte met die verlangde vruggrootte, goed ontwikkelde skilkleur, vlekkelose voorkoms en goeie smaak, is van uiterste belang vir Suid-Afrika se vrugte-uitvoerbedryf om volhoubaar te bly.

Skadunette is ʼn voor-oestegniek wat gebruik word om gewasse te beskerm teen oormatige sonlig-, wind- en haelskade. Skadunette is doeltreffend om sonbrand te verminder en die meeste probleme kan deur die korrekte kombinasie van skadunette opgelos word.

Met vandag se mededingende uitvoermark kan boere nie meer bekostig om opbrengste te verloor as gevolg van ‘n haelstorm nie. As jy enigsins wil meeding in die uitvoermark het jy amper nie ՚n keuse as om hierdie nette oor jou boorde te sit nie. Danksy die fisiese beskerming en die skep van ՚n vriendeliker mikroklimaat verbeter die nette jou boord of wingerd se prestasie aansienlik.

Deeglike navorsing en baie ervaring stel PlusNet se kundiges in staat om presies die regte net vir jou gewasse aan te beveel. PlusNet skadunet bied meer as net skadu; een van die grootste voordele is die versekering van en toename in opbrengs, asook die versnelde produksieproses wat sorg dat nuwe aanplantings gouer ʼn oes lewer.

 

Jy kan ook die voordele geniet met PlusNet skadunet. Praat vandag nog met die verkoopskonsultant in jou gebied, skakel PlusNet by (+27)11- 412-3954 of stuur ʼn e-pos na nets@plusnet.co.za.

 

Social Share

You May Also Like

error: Content is protected !!